Sunday, November 16, 2008


Die Pad Vorentoe/Bedankings Toespraak By Arieskraal Amptelike Oorhandiging
Deur Keith Dampies 31 Oktober 2008


Ene Ray Kroc het op ‘n slag gesê: “Luck is a dividend of sweat. The more you sweat the luckier you get.” Die plaas bestuurder, Peter Januarie het genoem dat geluk en seëninge nodig is om die wa nou gesamentlik deur die drif te trek. Hiervoor sál Arieskraal sweet!
Geagte MEC Dowrey, Direkteure, Gaste, Aandeelhouers, Dames en Here, gun my asseblief die geleentheid om by die begin te begin: Baie dankie aan mnr. Frans van den Bossche, mev Barbara van den Boscche en mnr. Charl van den Berg van die Vintage Groep wat ‘n brandende begeerte het om die mense wat help om hul welvaart te skep erkenning te gee en ook geleentheid te gee om ook welvaart vir 85 vrouens, 118 gesinne en 197 plaas werkers te skep.
Die uiteindelike doel van Mnr. Frans van den Bossche is om hierdie 197 aandeelhouers ‘n geleentheid te bied om hul sosio-ekonomiese omstandighede te verbeter deur hul te bemagtig om deelnemend 136 ha apples, 5 ha nektariens en 25 ha pere en ‘n potensiële 37 ha vir verdere aanplantings op die 307 ha plaas winsgewend en volhoubaar met hul sweet kapitaal te boer. Danksy Peter Januarie en sy span kan Arieskraal met trots aankondig dat die gemiddelde produksie van 34t/ha toegeneem het na 58t/ha! Hierdie merkwaardige prestasie kon net behaal word deur die dinamiese vennootskap van:
· Peter en sy bestuurspan,
· Die Vintage Groep
· Die toegewyde en begeesterde werknemers
· Die aandeelhouers
sodat vanjaar al die eerste dividende aan die aandeelhouers uitbetaal kan word.
Die Van den Boschhe’s is terdeë daarvan bewus dat ‘n holistiese benadering gevolg moet word wat bemagtiging en ontwikkeling betref. Buiten ontwikkeling van vaardighede wat vir die besigheid ‘n voordeel sal wees word ook aandag geskenk aan die sosiale kant. Daarom is vrouens, kinders, jeug en bejaardes hoog op die lys van prioriteite. Projekte spesifiek met hulle as begunstigdes word beplan. Die jeug, die volwassenes van môre moet entrepreneuriaal kan dink. Bejaardes moet rustig hul oudag geniet. Kinders wat smiddae uit die skool kom, voorskoolse kinders wie se ouers moet werk moet na omgesien word, om net ‘n paar voorbeelde te noem.
Van volhoubaarheid gepraat: ‘n wingewende plaas kan nie sonder toerusting , masjienerie in uitstekende werkende toestand of gesonde kontant vloei funksioneer nie. Ons sal dus moet woeker om ‘n paar nuwe trekkers, spuit karre en ander toerusting in die hande te kry....
Dankie aan almal wat hier teenwoordig is om saam met ons bly te wees op hierdie geskiedkundige dag. Plaas werkers het plaas eienaars geword. Daar is tóg sekeres wat ons moet uitsonder wat spesiale dank verdien:
· Mnr. Frans van den Bossche van Vintage Groep. Was dit nie vir sy brandende begeerte om sy sosiale verpligtinge na te kom nie het ons nie nou geskiedenis vir Arieskraal en Vyebosch se plaas werkers gemaak nie.
· Mnr. Cobus Dowry van die Ministerie Landbou Wes Kaap wat hierdie plegtigheid in sy baie besige skedule kon inpas om die plaas werkers te ontmoet wat die Departement van Landbou nou verder moet bystaan.
· Mnr. Louis Barkhuysen, die konsultant wat deur die plaas werkers aangestel is om die hele projek te konseptualiseer, die besigheidsplan op te stel, konsultasie met die werkers te hê en die projek by Dept van Grondsake te registreer sodat ons vandag hier die aandele sertifikate kon oorhandig.
· Mnr. Johnny Slingers en sy span by Departement Grondsake wat die projek namens die regering finansier en fasiliteer het.
· Mnr. Michael Swart van Standard Bank wat bereid was om addisionele finansiering te verskaf sodat die werkers hul 52% aandeel kon bekom asook ‘n geldelike bydrae vir die funksie van vandag.
· Peter Januarie en sy span wat die produksie só kon reël dat hierdie dag moontlik is en die plaas volhoubaar en winsgewend hou.
· Mnr. Lloyd Behr van Terason. Dankie vir jou maatskappy se betrokkenheid by die peste en plaag beheer bestuur van die plaas. Dankie vir die finansiële bydrae vir vandag se funksie.
· Me. Sally-Anne Joubert van Appletiser SA. Dankie vir die skenking in die vorm van Appletiser wat ons as heildronk gedrink het.
· Mnr. Alaister Smith van Kentucky Bottling vir die skenking van natuurlike fontein water.
· Mnr. Wimpie Bouwer van Grabouw Spar vir die skenking van glase wat ons vandag gebruik het.
· Mnr. Anthony Hess van Groenberg Hoërskool vir julle bydrae
· Mnr. Johan Coetzer van Applewood Preparatory School vir julle bydrae
· Mnr. Chris Beerwinkel vir julle bydrae.
As daar enigeen is wat ek uitgelaat het: vergewe my, baie dankie vir jou bydrae, ons waardeer dit!
Ek wil afsluit met wat Albert Einstein gesê het: “In the middle of difficulty lies opportunity”.
Geniet die dag verder, veilig reis en ‘n aangename naweek!

Tuesday, November 11, 2008

WORKERS TAKE MAJORITY SHARE IN WELL-KNOWN ELGIN APPLE FARM




Friday, 31 October 2008


Workers employed by the Vintage Group, a well-known apple and pear producer and marketer based in the Elgin-Vyeboom region in the Western Cape, has acquired a majority share in one of the Group’s farms in what is one of the most significant BEE deals in the region for some time.

The farm Arieskraal, located in the Elgin Valley, will in future be a partnership between the Vintage Group and three worker trust which gives 197 farm and pack-store workers a 52% stake in the business. The other shareholder is the Vintage Group with 48%.

The farm was officially handed over to the new partnership during a ceremony at Arieskraal this morning which was presided over by the Western Cape MEC for Agriculture, Mr. Cobus Dowry.

The worker shareholders in Arieskraal are represented by the Arieskraal Workers’ Trust (20%), the Vyebosch Workers Trust (27% and the Arieskraal Management Trust (5%). Vyebosch is, along with Arieskraal, one of the two original farms in the Vintage Group when it was established in 1998 by well-known entrepreneurs, Barbara Van den Bossche and Charl van den Berg.

The Vintage Group has recently extended its fruit farming operations significantly through purchase of the two more fruit farming entities, Twaalffontein Farm in the Vyeboom Valley, as well as Kentucky Farm in the Elgin Valley which was previously owned by the Smith family.

Arieskraal’s Manager, Peter Januarie, who is also a shareholder, says the farm produces 1,500 tons of pears and 7,400 tons of apples annually. In total 175 hectares of the 300 hectare farm have been planted under fruit trees.

“I have been working on Arieskraal for more than three decades and all of us are excited and looking forward to being part of this new partnership in a very successful enterprise,” says Mr. January.

Vintage CEO Barbara Van den Bossche says the Vintage business in South Africa has grown steadily since her family first arrived in South Africa in 1995 on what was initially a holiday. “Our partnership with Charl van den Berg has resulted in the establishment of a very competitive export business which already benefits a large community. We believe that the people who work in on the farms in our Group need to be part of the land transformation process and Arieskraal is our first initiative to accomplish this.”

“We have a clear vision on what we need to do to keep our farming operations profitable for the future, taking into account the dramatic rise in input costs, especially prices of fuel and fertilizer. We also understand the uniqueness and past of this beautiful country South Africa and the social responsibility that we have as farm owners,” says Vintage Managing Director Charl van den Berg.

Mrs. Van den Bossche says the Group recently also launched the Vintage Foundation which will be responsible to look after the social welfare and needs of all employees working for the Group. The work of the Foundation focuses on child care and pre-school facilities, after care for school going children, health care, education, cultural enrichment and sport and leisure.

‘Through uplifting our great farm family we make a contribution to a healthy community in our region. The Vintage Foundation will eventually spread its wings far beyond the borders of our farms.’

Mr. Van den Berg says the addition of two new farms to the Vintage Groups farming activities will boost exports and the ability of the Group to service its customer base. “The shareholders in Arieskraal will benefit directly as a result of this. The acquisition of Twaalffontein and Kentucky Farms mean that Vintage is becoming one of the leading growers, packers and exporters of apples and pears in South Africa. We now have 420 hectares of apple and 80 hectares of pear orchards. Vyebosch is located near Twaalffontein in the Vyeboom Valley, whereas Arieskraal is close to Kentucky in Elgin and we can therefore maximize our infrastructure to the benefit of all our shareholders.”


Issued on behalf of Vintage Group and Arieskraal Farm:

Fred Meintjes
082 922 9478
021 7128817
Wordfact@telkomsa.net

Die oorhandiging van Arieskraal BEE Projek




Cobus Dowry, Minister van Landbou in die Wes-Kaap,
by die oorhandiging van Arieskraal Projek
31 Oktober 2008

Programme director, first Secretary at the Embassy of Belgium, Rozane de Bilderling, Chris Punt, Mayor Theewaterskloof Municipality, CEO of Vintage Distributors (Belgium), Frans van den Boschhe, Managing Director Beltran NV Werkhuizenkaai (Belgium), Eric Dieric, Acting Chief Director Department of Land Affairs, Johnny Slingers, Chief Director Farmer Support and Development Elsenburg, Dudley Adolph, Director FET Elsenburg, Douglas Chitepo, Representatives of other Departments and Institutions, Ladies and Gentlemen,
Baie dankie vir die uitnodiging om vandag saam met u te mag wees om hierdie projek amptelik te oorhandig aan die 197 begunstigdes en ook sertifikate te oorhandig aan die van u wat opleiding ontvang het deur middel van die opleidingsprogramme wat ons as Wes-Kaapse Departement van Landbou aan mense soos u beskikbaar stel.
Hierdie projek van u is die grootste van sy soort in hierdie omgewing en gee aan u as plaas en pakstoorwerkers ‘n beherende aandeel van 52% in die vrugteplaas. Dit dien ook as ‘n voorbeeld van die suksesse wat ons kan behaal wanneer kommersiële boere soos me Barbara van den Bossche en mnr Charl van den Berg, bereid is om uitvoering te gee aan die grondhervormingsprogram van die regering.
Die Departement van Landbou onder die ANC regering in die Wes-Kaap spandeer op die oomblik 80% van sy jaarlikse begroting aan die bemagtiging van ons voorheen benadeelde gemeenskappe om te sorg dat ons, ons nuwe boere op die beste moontlike maniere gevestig kan kry en dat die plaaswekergemeenskap ook voordeel sal put uit die bevryding wat die nuwe demokrasie moes bring.
U weet dat ons in Landbou ‘n baie groot waardering het vir die belangrike rol wat plaaswerkers speel om landbou in die provinsie aan die gang te hou en daarom doen ons op die oomblik alles in ons vermoë om die omstandighede en kwaliteit van lewe van ons plaaswerkers te verbeter, sodat u nie soos tweedeklas burgers in hierdie land moet lewe nie. Dit het tyd geword dat die nuwe Suid-Afrika ook voor u deur moet kom stilhou en by u voordeur moet inkom.
Landbou in die Wes-Kaap speel ‘n baie belangrike rol in die ekonomie van die Provinsie en die land en u as plaaswerkers het reeds oor baie jare ‘n groot rol gespeel om die Wes-Kaap die sterkste landbouprovinsie te maak.
As regering word ons aangedryf deur die wete dat daar nog so baie van ons mense is wat jare op plase bly en werk of wat oor 'n lappie grond beskik maar nie altyd die finansiële vermoë het om werklik winsgewend te boer nie. Ons wil hê dat u as plaaswerkers ook voordeel moet trek uit die regering se doelwit om 30% van landbougrond aan mense soos u, oor te dra.
Dit is waarskynlik ook grootliks die rede waarom my tyd as Minister van Landbou een van die verrykendste ervarings van my lewe is, ook omdat Landbou my so na aan die hart lê, maar ook omdat landbou soveel fasette het wat 'n rol speel in die ontwikkeling en voortbestaan van ons mense, asook in die ekonomiese groei van die Wes-Kaap.
Die Wes-Kaapse Regering wil hê dat daar verandering in ons samelewing moet kom waar ons nie nodig het om op die staat te wag om ons maatskaplike welsyn te verbeter en ons lewensomstandighede te verbeter nie. Dit moet gebeur deur u ekonomies selfstandig te maak deur middel van projekte soos hierdie, waarvan u deel is. Dit help ook met die groei van die ekonomie en dit bring ook ‘n toename in werksgeleenthede. Die belangrikste is egter die uitbreiding vaneienaarskap. As ons hierin kan slaag, sal ons armoede behoorlik kan bestry en die ongelykhede van die verlede uitwis en aan u 'n beter lewe kan voorsien.
Die skepping van inkomste- en werkgeleenthede is vir ons as regering ‘n baie hoë prioriteit en daarom is dit nodig dat daar altyd nuwe projekte aangepak sal word waar al die mense in die omgewing baat by sal vind. Dit is ook baie belangrik dat bestaande projekte suksesvol moet wees om volhoubaarheid in landbou te verseker.
Ek glo baie sterk daaraan aan om te kan boer nie'n reg is nie, dis 'n voorreg. Die besit van grond is wel 'n reg wat deur die Grondwet van die land aan u gegee word, maar wanneer ons hierdie twee nl. boerdery en grondbesit bymekaar bring, word dit 'n onderneming wat met groot verantwoordelikheid aangepak moet word en daarom is dit vir ons in die Wes-Kaapse Departement van Landbou baie belangrik dat ons ook aan u die nodige ondersteuning moet bied om toe te sien dat u 'n sukses maak van u boerdery.
As ons wil slaag in ons doelwit om ware transformasie binne die landbousektor te weeg te bring, dan sal ons meer van hierdie tipe ontwikkelings moet hê, waarin daar op eie inisiatief voortgegaan word om hande te vat.
As Departement is ons daartoe verbind om u op alle terreine binne ons mandaat by te staan en ek wil dan ook in hierdie verband ons dienste en kennis aanbied en u uitnooi om daarvan gebruik te maak.
Dit is egter so dat u dink dat u nou kan agteroor sit en dink u hoef nou nie meer hard te werk of u verder te bekwaam as individue nie. U moet uself verder laat oplei deur die programme wat die Departement van Landbou beskikbaar stel
Ons glo baie sterk aan opleiding om jou lewensomstandighede te verbeter en daarom het ons vanjaar weer R308 miljoen uit ons begroting beskikbaar gestel vir Gestruktureerde Landbou-opleiding. Ek weet dat u mede-eienaars ook baie waarde heg aan opleiding en daarom moet u sorg dat u deel word van die opleidingsprogramme van die onderneming.
Ek wil afsluit deur u geluk te wens met die groei van die projek en die toewyding waarmee u werk om daarvan ‘n sukses te maak. Ek wil aan die mense in die nuwe projek sterkte toewens en die vertroue uitspreek dat u as ‘n span sal saamwerk om seker te maak dat hierdie projek ook suksesvol sal wees en as ‘n voorbeeld sal dien vir ander plase in die omgewing.
Ek wil u weereens bedank vir die geleentheid en die hoop uitspreek dat u goeie tye sal belewe as bewerkers van die grond en dat u saam met ons die stryd sal stry om die draak van armoede die hoof te bied met die wonderlike geleenthede wat die goeie Regering vir ons bied om te sorg dat die Wes-Kaap 'n tuiste vir almal sal wees.

Navrae/Enquiries:Alie van JaarsveldCell: 084 604 6701
Issued by: Department of Agriculture, Western Cape Provincial Government 31 Oktober 2008

Arieskraal Worker trusts take control of fruit exporter

Arieskraal Worker trusts take control of fruit exporter

By Chris van Gass: BusinessDay
Posted to the web on: 03 November 2008
Cape Correspondent

CAPE TOWN — Nearly 200 workers and packers of a prominent apple and pear producer in the fertile Elgin Valley have taken a controlling interest in two farms in a R29m deal representing one of the largest land reform and agricultural black economic empowerment (BEE) projects in the Overberg region.
The project will see three worker trusts take a 52% share in the Vintage Group, a grower, packer and exporter of quality deciduous fruits, mainly apples, pears and grapes, which operates on the farms Arieskraal and Vyebosch.
The BEE partnership provided R8,5m to procure its interest with funding obtained through the land affairs department’s land redistribution for agricultural development programme and bank financing.
The project, which was conceptualised more than three years ago but began operations in earnest 18 months ago, had already realised its first dividend of R1,5m, which was “happy news” for the new shareholders, said farm manager and shareholder Peter Januarie.
Western Cape MEC for agriculture Cobus Dowry said on Friday the project was an example of how commercial farmers like Vintage CEO Barbara van den Bossche and MD Charl van den Berg could contribute to the government’s land reform programme. He said the extension of ownership was one way of combating poverty and eradicating the inequalities of the past.
Dowry said his department believed strongly in training, which the new partners of the farm would be able to tap into, and had budgeted more than R30m for structured agricultural training in the province to improve the living standards of farm workers.
Arieskraal and Vyebosch comprise nearly 300ha with 175ha planted under fruit trees. The Vintage group recently bought two additional farms, Kentucky and Twaalffontein, which has significantly extended its fruit farming operations to service its growing international customer base.
Januarie said Arieskraal produced 1500 tons of pears and 7500 tons of apples a year, with a turnover of R22m. The company exports to regions including Europe, the Middle East, Near East and Africa.
Januarie said he had been working on the farm for more than 30 years and, like all the new shareholders, he was excited about future prospects.
Van den Bossche, whose family started Vintage when they arrived from Belgium in SA in 1995, initially on holiday, said the partnership with Van den Berg had resulted in the establishment of a very competitive export business which already benefited a large community.
She said the group believed that the people who worked on the farms needed to be part of the land transformation process and Arieskraal was the first such initiative to accomplish this .
Van den Berg said the group had a clear vision on what was needed to keep farming profitable in the future, in view of a dramatic rise in input costs and especially the prices of fuel and fertiliser.
He said the group understood SA’s past and also the social responsibility it had as owners.

http://www.businessday.co.za/articles/topstories.aspx?ID=BD4A876490